Ontwikkelende land

Lande volgens ekonomiese ontwikkeling in 2008:

   Ontwikkelde lande

   Ontwikkelende lande

   Mins ontwikkelde lande

   Data onbeskikbaar

Klassifikasie volgens die IMF en die VN
’n Wêreldkaart wat die kategorieë van die Menslike-ontwikkelingsindeks volgens lande aandui (geskoei op data uit 2018 wat in 2017 gepubliseer is).[1]

   0,800–1,000 (Baie hoog)

   0,700–0,799 (Hoog)

   0,555–0,699 (Gemiddeld)

   0,350–0,554 (Laag)

   Data onbeskikbaar

’n Ontwikkelende land, voorheen ook genoem onderontwikkelde land of Derdewêreldland, is ’n land met ’n minder ontwikkelde nywerheidsbasis en ’n lae menslike ontwikkelingsindeks (MOI) met betrekking tot ander lande.[2] Daar is geen algemeende aanvaarde kriterium vir wat ’n ontwikkelende land is in vergelyking met ’n ontwikkelde land nie,[3] hoewel daar algemene verwysingspunte is soos ’n land se koopkragpariteit in vergelyking met ander lande.

Daar is kritiek teen die gebruik van die term, omdat dit minderwaardigheid impliseer, en baie lande hou nie daarvan nie. Die term gaan uit van die veronderstelling dat alle lande die Westerse model van ekonomiese ontwikkeling moet volg, terwyl ’n paar lande soos Kuba en Bhoetan verkies om dit nie te doen nie.[4] Lande op die grens tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande word dikwels verenig onder die term "nuut geïndustrialiseerde lande".[5][6][7][8] ’n Alternatiewe term is "lae- en middelinkomsteland".

Volgens skrywers soos Walt Whitman Rostow is ontwikkelende lande in ’n oorgangstadium van ’n tradisionele lewenstyl na die moderne lewenstyl wat in die 18de en 19de eeu met die Nywerheidsrevolusie begin het.

In die uitgawe van 2016 van die Wêreldbank se aanduidings van wêreldontwikkeling is besluit om nie meer tussen "ontwikkelde" en "ontwikkelende" lande te onderskei nie.[9]

  1. "2018 Human Development Report" (PDF) (in Engels). United Nations Development Programme. 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 15 Mei 2020. Besoek op 22 Desember 2019.
  2. O'Sullivan, Arthur; Sheffrin, Steven M. (2003). Economics: Principles in Action. Upper Saddle River, New Jersey 07458: Pearson Prentice Hall. p. 471. ISBN 0-13-063085-3.{{cite book}}: AS1-onderhoud: plek (link)
  3. "Composition of macro geographical (continental) region". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020.
  4. Karma Ura. "The Bhutanese development story" (PDF) (in Engels). Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2013. Besoek op 17 September 2012.
  5. Paweł Bożyk (2006). "Newly Industrialized Countries". Globalization and the Transformation of Foreign Economic Policy. Ashgate Publishing, Ltd. ISBN 0-7546-4638-6.
  6. Mauro F. Guillén (2003). "Multinationals, Ideology, and Organized Labor". The Limits of Convergence. Princeton University Press. ISBN 0-691-11633-4.
  7. Waugh, David (2000). "Manufacturing industries (chapter 19), World development (chapter 22)". Geography, An Integrated Approach (3de uitg.). Nelson Thornes Ltd. pp. 563, 576–579, 633, and 640. ISBN 0-17-444706-X.
  8. Mankiw, N. Gregory (2007). Principles of Economics (4de uitg.). ISBN 0-324-22472-9.
  9. Fernholz, Tim. "The World Bank is eliminating the term "developing country" from its data vocabulary" (in Engels (VSA)). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 April 2020. Besoek op 6 September 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search